Koningskwessie

Die term Koningskwessie (Nederlands: Koningskwestie, Frans: Question royale) verwys na die politieke gebeure rondom die terugkeer van die Belgiese koning Leopold III ná die Tweede Wêreldoorlog en dek die tydperk tussen 7 Mei 1945 en 17 Julie 1951. Toe die krisis in 1950 sy hoogtepunt bereik het, het in die nywerheidsgordel van Sambre-et-Meuse in Wallonië bloedige onluste uitgebreek. Tussen 20 en 26 Julie is 'n reeks aanslae gepleeg. In die volgstroom van die onluste is 'n algemene staking uitgeroep waartydens die land nog eens geweldpleging ondervind het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search